
%20(8).png)
By MANWEES doen ons die lewe saam.
Elke Vrydagoggend om 06:00 kom ons as manne bymekaar, hoor hoe dit met mekaar gaan, deel in mekaar se lewens en bid vir mekaar.
Ons luister na ’n kort woord oor ’n relevante tema waaroor ons saam praat, en daarna kuier ons lekker saam met koffie en beskuit.
#MANWEES is waar jy sterk gemaak word.
Vrydae | 06:00–06:30
Old Tannery

%20(11).png)
By VROUWEES groei ons nader
aan God.
Elke kwartaal kom ons as vroue bymekaar vir ’n spesiale geleentheid waar ons saam aanbid, na ’n inspirerende woord luister en in mekaar se lewens deel.
Elke byeenkoms word met liefde rondom ’n spesifieke tema beplan, met mooi dekor en ’n atmosfeer waar elke vrou welkom en spesiaal voel.
#VROUWEES is waar jy gevoed, bemoedig en versterk word.

%20(12)_edited.png)
By SAAMWEES bou ons saam
aan ’n familie.
Elke laaste Sondag van die maand kom ons as Beweeg Kerk-familie ná die diens bymekaar om saam te eet, te kuier en in mekaar se lewens te deel.
Ons skep ruimte vir betekenisvolle verhoudings, nuwe vriendskappe en die vreugde van kerkwees, waar ons nie net saam aanbid nie, maar ook saam die lewe deel.
#SAAMWEES is waar kerk familie word.

%20(6).png)
By JONK groei ons saam in
geloof.
Elke Vrydagaand kom ons as jongmense (18–30 jaar) bymekaar om saam te kuier, God beter te leer ken en in ons geloof te groei.
Ons bou betekenisvolle vriendskappe, bemoedig mekaar en reël ook saam aktiwiteite waar ons die lewe buite die kerk met mekaar kan deel.
#JONK is waar geloof en vriendskap saam groei.
Vrydae | 18:30–21:00
Beweeg Kerk Wellington
