
kinderhuis

Beweeg Kerk Wellington het die voorreg om finansieel en geestelik in te koop by HAM Kinderhuis en ‘n daadwerklike verskil te maak in die lewens van dié wat daar woon.
Jy kan deel word deur as ’n versorgingspappa of -mamma betrokke te raak, tyd saam met die seuns te spandeer en deel te wees van spesiale geleenthede wat vir hulle gereël word.
Soms beteken dit eenvoudig om daar te wees, liefde en aandag te gee en deel te word van hulle lewens.
Kontak ons gerus.
HUGO RUST

’n Toegewyde span bied elke Woensdag Bybellesse aan by Laerskool HUGO RUST . Ons bou verhoudings met die kinders en help hulle om God en Sy Woord beter te leer ken.
Ons wil kinders help om in hulle geloof te groei en tussen reg en verkeerd te onderskei.
Het jy ’n hart vir kinders en wil jy deel wees van hierdie span? Kontak gerus die kerkkantoor vir meer inligting.
Internasionaal
Ons het elke jaar internasionale uitreike wat ons aanpak. Malawi is ons mees gewilde uitreik en ons keer jaarliks terug om die 16 kerke wat al daar geplant is te ondersteun. Hier het ons al talle genesings en bevrydings en "crusades" gehou waar inwoners hul lewe vir die Here gegee het.

Word deel van die Whatsapp groep vir meer inligting
Zambia -
Zanzibar -
Malawi -
Jy kan ook die volgende dokumente aflaai vir meer inligting