top of page

Meer Oor Ons
Beweeg Kerk Wellington is die plek waar jy jou roeping gaan ontdek, opgerig en geaktiveer word om voluit daarin te beweeg vir die koninkryk.
MISSIE
Om 'n kerk te aktiveer en te mobiliseer vir dienswerk in die koninkryk van God.
VISIE
Oprigting van ‘n Kerk wat staan vir die volle Waarheid, gedryf word deur liefde en in die krag van die Heilige Gees in hulle roeping beweeg om ‘n gebroke wêreld met God te versoen.
Ons Span

Hendriko en Larissa Visagie
Hendriko en Larissa is ons herderspaar by Beweeg Kerk Wellington.
Hendriko het in 2020 sy BTeologie-graad aan die South African Theological Seminary(SATS) voltooi. Hy staan sedertdien ook in voltydse bediening, waar hy eers as juniorpastoor by Lewende Woord Paarl en daarna as pastoor by Beweeg Kerk Kaap gedien het. Gedurende hierdie tyd het hy ervaring opgedoen in ‘n wye verskeidenheid bedieninge, insluitend plaaslike en internasionale evangelistiese uitreike, bevryding, jeugbediening, selgroepe, en Woordskool.
Larissa is tans besig met haar Master of Divinity-graad aan die South African
Theological Seminary (SATS).
.jpg)
Roejarco Coertze
Roejarco is ons Junior leraar by die kerk. Hy het in 2025 sy hoër sertifikaat by Move Bible College voltooi en is vanaf 2023 in voltydse bediening by Beweeg Kerk Kaap.
bottom of page