RAAK betrokke
“… net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien…” Matthéüs 20:28
Ons is ‘n kerk met ‘n hart vir dienaarskap. Alles wat ons doen op Sondae en gedurende die week, help om die pad vir die Koning voor te berei om mense in liefde te bedien. Ons het talle spanne en areas waar jy vrywilliglik betrokke kan raak en jou gawes en talente kan gebruik vir die Koninkryk.
Diensspan
Die diensspan help om die kerkgebou in alle aspekte voor te berei vir die werk van die Koning.
Kinderkerk
Ons glo dat kinders se geestelike opvoeding net so belangrik is soos wat volwassenes s'n is. As jy 'n passie het vir kinders en geroep voel om te help op Sondae, kan ons nie wag om jou daar te ontvang nie!
Media
Ons is opsoek na bekwame hande agter die media-toonbank wat kan help met die volgende: Klankbord, mikrofone, musieklirieke en video. Hierdie vrywilligers moet rekenaarbekwaam wees en 'n bereidwillige hart hê vir tegnologiese vooruitgang.
Spanlede wat hier dien moet een of meer musiekinstrument kan speel of kan sing. Ons is opsoek na mense wat nie net talent het nie, maar 'n opregte hart vir aanbidding. Daar is ‘n keuringsproses en oudisies vir hierdie span.